Dinsdag 27 Desember is tot ’n openbare vakansiedag verklaar omdat Kersdag vanjaar op ’n Sondag val.

Die bekendmaking is verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa ingevolge die Wet op Openbare Vakansiedae gedoen.

Ingevolge die wet sal Maandag ’n openbare vakansiedag wees indien ’n vakansiedag op ’n Sondag val.

In dié geval is die Maandag ná Kersdag egter Welwillendheidsdag en dus ook ’n vakansiedag.

In ’n verklaring het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) gesê dat die ekstra vakansiedag redelik ongesiens sal verbygaan by diegene wat reeds met verlof is.

Sacci sê dit het egter ’n invloed op die betaling van diegene wat daardie dag werk, en veral vir werkgewers wat werknemers op so ’n dag dubbeld moet betaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article