Upington se ou burgersentrum is verlede week weer in werking gestel nadat sy deure 12 jaar lank gesluit was. Dié heropening kom ná voortdurende druk en ’n petisie wat die DA by die Dawid Kruiper-munisipaliteit ingedien het. Inwoners van Progress, Extension, Lemoendraai, Kameelmond, Belview en Morning Glory kan nou hul rekeninge betaal, elektrisiteit koop en die munisipale hoofkantoor vanaf die sentrum kontak om kwessies, wat verband hou met onderbreekte elektrisiteitstoevoer, op te los. Dit kan gedoen word sonder om dorp toe te reis of in lang toue te staan. Afgesien van die diefstal van plaveistene, twee toegangshekke, rekenaartoerusting en lugversorgers, was die gerief nog in ’n redelik werkbare toestand, met lopende water, sanitasie en elektrisiteitsverbindings. Die DA waardeer die samewerking van die munisipaliteit, veral die finansiële hoof, met betrekking tot die heropening van die gebou, sê Albie van Zyl, DA-raadslid (foto).

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article