Die afgelope naweek het die Upington Dorp-rugbyklub wedstryde op sy tuisveld aangebied.
Die vriendskaplike tien-minute-aan-‘n-kant kragmeting tussen Upington Dorp 2 en Defence Force Collegians 2, wat gebruik is om die dag te open, het eerste aan die beurt gekom. Hiertydens het Defence Force Collegians 45 punte teenoor Upington se 7 aangeteken.
Daarna het die Sunwolves van Upington teen die span van Kakamas ’n wedstryd gespeel, waar die besoekers geseëvier het. Die telling was 48 – 7 in Kakamas se guns.
In die laaste wedstryd vir die dag het Upington Dorp teen die span van United, ook van Upington, gespeel. Upington Dorp het as wenners uit hierdie stryd getree, met 37 – 26 op die telbord.
Harde rugby en passievolle toeskouers het tot die sukses van die opwindende dag bygedra.
– Odette Kruger


