Rugbyklubs in die ZF Mgcawu-liga het oor die naweek in ’n koel Upington uitgedraf.

Vrydagaand (20/05) het Upington United die Sunwolves op hul tuisveld in die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion verwelkom. Sunwolves het eerste agter die doellyn gaan kuier.

“United het aan die begin ’n fout gemaak wat Sunwolves eerste laat druk het, maar daarna het ons manne begin speel,” sê Rhozwin Scott van Upington United.

Shaquille Cloete het twee van Upington United se vyf drieë gedruk. Die tuisspan kon met ’n eindtelling van 31 – 17 seëvier.

Saterdag (21/05) het Defence Force Collegians op Die Eiland teen Upington Dorp uitgedraf.

Aangesien dié twee spanne laas voor die aanvang van die Covid-19-pandemie teen mekaar kragte kon meet, het groot opwinding oor die wedstryd geheers.

Upington Dorp het met ’n telling van 24 – 17 gewen.

Odette Kruger

You need to be Logged In to leave a comment.