Upington se skrywers blink uit

Vier leerlinge van die Hoërskool Upington het skitterend gevaar in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort-skryfkompetisie.


Chrizelle Strydom

Chrizelle Strydom se wenontwerp wat vanjaar op die Poort-digbundel gaan pronk.

Vier leerlinge van die Hoërskool Upington het skitterend gevaar in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort-skryfkompetisie.

J.D. Carr en Kaylené Carr, albei gr. 10-leerlinge, en oud-hoofmeisie Lara-Mari Geldenhuys spog elk met ’n prosastuk wat in die bundel opgeneem gaan word.

Chrizelle Strydom, ’n gr. 12-leerling, se gedig sal ook in die Poort-kompetisie se 2020-publikasie verskyn.

Haar gedig is aangewys as een van die vyf topgedigte in die jaar se kompetisie.

Chrizelle het ook die voorblad-ontwerpkompetisie vir die tweede jaar in ’n ry gewen.

Die Poort-skryfkompetisie vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag.

Dit is ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te ontdek, aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ’n groter gehoor bloot te stel.

Dit is die tweede jaar wat leerlinge aan die Hoërskool Upington aan die kompetisie deelgeneem het.

You need to be Logged In to leave a comment.