Upington: Maak parkrun-geskiedenis

Janika Botha was Saterdag (12/03), met Upington se 349ste parkrun-geleentheid, die eerste vrou ooit om dié wedloop in die dorp te wen.


Janika Botha was Saterdag (12/03), met Upington se 349ste parkrun-geleentheid, die eerste vrou ooit om dié wedloop in die dorp te wen.

Sy het die 5 km-roete in 21:50 voltooi. Die rekord is 21:08.

Botha, ’n ma van twee jong kinders, het eers ’n jaar gelede begin hardloop. Sy was egter ’n kranige netbalspeler op skool.

Sy het vroeg in Maart aan die John Nugent-gedenkmarathon deelgeneem en haar eerste amptelike halfmarathon voltooi. Sy was die tweede vrou oor die wenstreep, en negende algeheel.

“Hoe meer ’n mens hardloop, hoe lekkerder en makliker raak dit,” sê Botha.

You need to be Logged In to leave a comment.