Vir die Koopman-gesin van Kimberley was Declyn se eerste skooldag op 17 Januarie aan die Laerskool Staats ’n baie spesiale geleentheid. Benewens dat Declyn in ’n das en skoolbaadjie uitgevat was, het oupa en ouma Stevens van Kraaifontein in die Wes-Kaap ook dié geleentheid bygewoon. Oupa is die hoof aan die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein, en die Stevense sou later die dag terugvlieg Kaapstad toe, waar hy dan weer die leisels by sy skool sou vasvat. Stevens sê hy sou vir niks sy eerste kleinkind se eerste skooldag misloop nie. Van links is Jean Stevens, Darren-Lee Koopman, Declyn, Carlynne Koopman, en Karel Stevens. Saam met hulle is Rocky, Staats se gelukbringer.

Foto: Helena Barnard