Hayden Jardim, ’n lid van die Kathu Mixed Martial Academy, het ’n bronsmedalje ontvang.

Foto: Verskaf

veg

Die medaljeontvangers van die Kathu Mixed Martial Arts Academy is van links, voor: Wade Cloete (1 silwer, 1 brons), Ogone Basiretsi (2 silwer), Johan Marx (2 goud, 1 silwer) en Hano van der Westhuizen (2 brons); tweede ry: Ruan Heyneke (2 silwer, 2 brons), Benja Botha (1 goud), Dilshad Rana (3 goud, 3 brons), Rico Lotriet (1 goud, 1 brons), Johan Heyneke (1 silwer, 1 brons), Charel Hattingh (3 goud, 1 silwer, 2 brons) en Nathan Vermeulen (1 goud, 1 silwer, 2 brons); derde ry: Miané van der Westhuizen (2 goud, 2 silwer, 1 brons), Faustina Kannemeyer (1 goud), Gelogan Joseph (1 goud, 1 silwer, 2 brons), Zanele Mani (2 goud, 1 silwer), Johanelle Burden (2 goud, 2 brons), Christiaan Neethling (2 goud, 1 silwer, 1 brons), Tumo Matlhaku (4 brons) en Kaone Basiretsi (1 silwer, 2 brons); agter: Ishfaq Rana (1 goud, 7 brons), Rikus Moore (2 goud, 3 silwer, 2 brons), Marcus Vermeulen (2 goud, 4 silwer, 2 brons), Armand Grobler (4 goud, 3 silwer), Geanan Saunderson (5 goud, 2 silwer) en Elizma Erasmus (7 goud). Afwesig: Janko Janse van Vuuren (5 goud, 2 silwer).

Ná bykans drie jaar se wag, meegebring deur die Covid-19-pandemie, het die Kalahari Mixed Martial Arts Academy, onder leiding van shihan Pieter Pretorius en sensei Rainer Jacobs, weer die geleentheid gekry om sy Kalahari-winteruitdaging aan te bied.

“Die studente was uitgehonger vir kompetisie,” sê Pretorius. 

Die uitdaging, voorheen jaarliks aangebied, het op 7 Mei in die Hoërskool Kathu se saal plaasgevind. 

Altesaam 112 deelnemers van klubs van onder meer Bloemhof, Christiana, Johannesburg, Kimberley, Kathu, Kuruman en die Phoenix-skopboksklub – ook van Kathu – het in kata, kumite, spankata en talle ander nommers meegeding, soos: “semi-contact point fighting”, “light continuous fighting”, “weapon forms”, “MMA light” en “tag team fighting”.  

veg

Die medaljeontvangers van die Kuruman Mixed Martial Arts Academy is van links, voor: Erich Rost (2 brons), Dewald Kruger (2 goud), Olivia Vosser (4 goud), Gerhard Vosser (2 brons), Herbert Louis Haasbroek (2 goud, 1 brons) en Tristan Annandale (1 brons); agter: Ulrich Kruger (1 goud, 1 brons), Francois Joubert (1 goud, 3 brons), Willem Beukes (3 goud, 2 brons), Harmony Evens (4 brons), Corné Beukes (1 goud, 2 silwer, 3 brons), Marko Jansen (1 brons) en Megan Nienaber (1 goud, 1 silwer, 3 brons).
veg

Nog lede van die Kathu Mixed Martial Academy wat medaljes ontvang het, is van links Emile Joseph (1 goud, 3 silwer, 2 brons), Gabriella Joseph (3 goud, 3 silwer) en Noah Joseph (1 silwer, 1 brons).
veg

Hayden Jardim, ’n lid van die Kathu Mixed Martial Academy, het ’n bronsmedalje ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.