Daar is nie ’n mens op hierdie aarde wat nie al nodig gehad het om ’n ander te vergewe of self vergewe te word nie.

Dit is net te deel van ons menswees om ’n ander skade aan te doen.

Soms bewustelik, soms onbewustelik.

Tog is dit interessant dat wanneer ons vergifnis vra, dit vir ons so vanselfsprekend is dat ons foute nie teen ons gehou behoort te word nie – maar wanneer ons vergifnis moet gee, sukkel ons dikwels om te verstaan hoekom ons moet vergewe.

Om te vergewe is noodsaaklik.

Die uitdaging wat ’n mens egter dikwels beleef, is dat vergifnis nie noodwendig ’n verandering in gedrag veroorsaak nie. Al voel dit hoe logies dat die een na die ander behoort te lei.

As ’n mens gedrag regverdig, skuld verplaas of selfs net die waarde van vergifnis gering skat, word opregte vergifnis baie moeilik.

Ons moet dus nie ligtelik oor vergifnis dink nie.

Vergifnis is iets wat noodsaaklik is vir ons menswees. Waar vergifnis nodig is, moet ons vergewe – anders gaan dit ons van binne vernietig.

As daar wel vergifnis is, moet daar ook ’n verandering in gedrag wees.

Hoekom?

Sonder ’n gedragsverandering ontken jy eintlik die feit dat jy in die eerste plek vergifnis nodig gehad het.

Dink mooi hieroor wanneer jy moet vergewe en wanneer jy vergifnis ontvang.

Verander dan ook jou gedrag, want vergifnis is nie goedkoop nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article