Twyfelhoekie: Onreg hoef nie jou lewe te vergal

Om op te staan as ’n mens self nie die vermoë of krag het nie, is seker een van die mooiste eienskappe wat enige mens kan hê.


Om op te staan as ’n mens self nie die vermoë of krag het nie, is seker een van die mooiste eienskappe wat enige mens kan hê.

Veral as ’n mens moet opstaan nadat jy ’n onreg aangedoen is.

Ons almal weet onreg maak seer en seer maak bitter.

En bitterheid vreet ’n mens op.

Die vraag is of jy in hierdie fase die regte besluite neem en of jy besluite neem wat vernietig.

Die dood is seer en veroorsaak ’n groot verlies in enige mens se lewe – maar onreg wat ’n mens aangedoen word, maak seerder as die dood.

Wanneer onreg geregverdig en verdedig word, oorskry dit soms alle punte van logika. Dan word dit al hoe makliker om toe te laat dat bitterheid die oorhand kry.

Hierdie bitterheid word vererger as die skuld verplaas word; word nog groter as allerhande denkbeeldige redes vir sodanige optrede uit die lug gegryp word.

Juis dan moet ’n mens keer dat bitterheid in haat verander.

Juis dan moet ’n mens die liefde bo alles hou.

Elkeen moet daarteen waak dat die seer ons vergal.

Ontwikkel die vaardigheid om ondanks onreg en seer – ondanks die bitter van die lewe – op te staan en vorentoe te beweeg.

You need to be Logged In to leave a comment.