Twyfelhoekie: ‘Moenie onreg op jou hart laat lê’

Wanneer ’n mens voel jy is onreg aangedoen, lê dit swaar in jou binnekant.


Wanneer ’n mens voel jy is onreg aangedoen, lê dit swaar in jou binnekant.

Die rede is eenvoudig: Niemand hou daarvan om verontreg te voel nie.

Soms voel ’n mens dit verkeerd aan; lees jy die situasie of konteks net verkeerd.

Ander kere is jy regtig te na gekom.

Die kere dat jy regtig te na gekom is, lê by die meeste van ons swaar.

Daarom kan ons die besonderhede daarvan so goed onthou.

Nie almal het die vermoë aangeleer om die onreg wat jou aangedoen is, neer te sit nie.

Dit verniel ’n mens baie.

En hoe ’n mens dit hanteer, bepaal in ’n groot mate hoe lank dit met jou gaan wees.

Die onreg kan jou baie terugsit.

Dit kan selfs ’n verbittering word – en die verbittering word ’n monster wat jou van binne verniel.

In my grootwordjare op die plaas was daar ’n Griekwa-vrou wat dit so mooi verwoord het.

“Moenie dat die verkeerd op jou hart kom lê, jou dag donker maak en jou son wegvat nie.”

Dit is makliker gesê as gedaan, maar ’n mens moet leer om die onreg neer te sit.

Onreg wat jou aangedoen is, kan jou vernietig.

Dit hoef nie.

Moenie toelaat dat die verkeerd op jou hart gaan lê nie.

You need to be Logged In to leave a comment.