Die plaas Twyfelhoek se hek.
Die pad na Twyfelhoek. FOTO: Verskaf

Doen jou deel en los ander uit. Dit was die eenvoudige raad van daardie wyse ou lidmaat daar te Kimberley.

Sy sug oor al die kritiek wat sy kry. Haar groot frustrasie was egter dat mense wat niks doen nie, baie te sê het oor wat sy doen.

Sy het so vies geraak vir beterweters, grootpraters, maar lui as dit by doen kom. Maar vir haar het hulle gekritiseer, beter geweet, moedeloos gekla en aanhou kritiseer. Tot sy later niks weer wou doen nie.

Hul kritiek was net te veel. Hoogheilig, sonder dade het sy gekla. Die ironie is dat hulle eintlik van vriende vyande gemaak het. Nie omdat sy nie kritiek kon vat nie. Die kon sy goed doen, maar die werklikheid dat hulle wat so kla eintlik frustrerend self min doen. En so het dit aangehou.

Haar gesukkel om die liefde wat sy uitdeel en die krag waarmee sy werk ongehinderd te kon doen. Sonder dat elkeen, in haar woorde, nou ‘n eiertjie daaroor wil lê.

So, eendag, toe stop sy net. Toe besluit sy – goed, ek hoor hulle. Dan maak ek soos hulle sê. Die wat so gekla en heeltyd beter geweet het, het nie eintlik iets gevoel of beleef nie. Hulle het maar net aangegaan met kla.

Mense wat so oordeel oor alles en almal het dikwels nie juis veel van ‘n gewete nie. Maar skielik was daar ‘n bejaarde wat nie meer rondgery word nie, en ‘n kind wie se naaldwerk nie meer gedoen is nie, voorlesings het gestop, haar ekstra tree was skielik ‘n gemis in kwesbare huise.

Wat my altyd sal bybly is hoe dié wat eintlik niks doen behalwe baie praat nie, vir haar wat baie gedoen het laat ophou doen het. Nie omdat sy nie opreg was nie, maar omdat sy moeg geraak het vir lelike mense.

Daarom was haar grootste wens: Doen jou deel en los ‘n ander uit.

  • Lees nog rubrieke en meningstukke hier en hier.

You need to be Logged In to leave a comment.