Natuurlik is dit noodsaaklik dat ons almal verantwoordelik omgaan met bestuur en op die pad wees, en dat ons verantwoordelike bestuurders sal wees.
Dit is goed en reg so.
Ons almal is bewus van die gespot en geskerts oor wie beter bestuur – die man of die vrou.
En daar is baie grappe onder ons oor hoe mans bestuur en hoe vroue bestuur.
En dan weer jongmense en oumense.
So kan ons mekaar positief besig hou.
Verantwoordelikheid is altyd voorop.
Ons ken die bekende, wesenlik belangrike, reël: Moenie drink en bestuur nie. Dit is dodelik.
Dit het al soveel seer veroorsaak, en sal ook nog baie.
Wanneer mense kuier, moedig ons hulle ook aan om nie te bestuur nie.
Ter wille van jouself.
Ter wille van ander.
Tog is daar so ’n bietjie van ’n ander kant ook aan hierdie saak. Iets wat ons begin vergeet het – dit is eer en integriteit wat jy moet hê om nie in ’n situasie te wees waar jy iemand seermaak of te na kom as jy nie self kan bestuur nie.
Ek het al seer by ’n kind gesien wat sy ouer moes huis toe neem.
Of ’n vrou haar man.
Of ’n werkgewer ’n werknemer.
Of ’n klaas sy baas.
Of vriende mekaar.
Ja, dit is die beste en die verantwoordelike ding om te doen.
Maar daar is ook iets leliks daaraan.
Hoekom het jy iemand nodig wat jou moet huis toe neem?
Dink daaroor.
Sou jy armer wees, of ryker, as jy dit self kon doen?

