Nuwe leeumannetjies in Addo
Een van die nuwe leeumannetjies wat na die Addo-olifant- Nasionale Park gebring is. FOTO: Verskaf

ADDO-OLIFANTPARK – Twee leeumannetjies van die Twee Rivieren-gebied van die Kgalagadi-oorgrenspark het ‘n nuwe tuiste in die Addo-olifant- Nasionale Park in die Oos-Kaap gevind.

Diรฉ twee, na raming ongeveer sewe jaar oud, het die afgelope paar weke in ‘n boma in die Addo aan hul nuwe omgewing gewoond geraak. Hulle is Donderdag 10 Julie vrygelaat en vroeรซ aanduidings is dat hulle goed in die landskap aanpas, sรช JP Louw, woordvoerder en kommunikasiehoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke).

Hul aankoms volg kort op die inbring van twee nuwe leeuwyfies in die Addo. Diรฉ twee-en-‘n-half jaar oue leeususters is aan die begin van Maart vanaf die !Khamab Kalahari-reservaat, wat aan die suidoostelike rand van die Kalahari in die Noordwes-provinsie is, ingebring.

Die gene van die Kalahari-leeumannetjies van die Noord-Kaap, asook die wyfies, is ‘n waardevolle toevoeging tot die leeubevolking van die Addo: Hul sterk, gesonde gene sal tot die genetiese verskeidenheid in die park bydra. In totaal is daar tans nege leeus in die hoofwildkykarea van die Addo, en ‘n verdere drie in die Nyathi-gebied van diรฉ park.

‘n Skynbaar tevrede Kalahari-leeumannetjie in die Addo-olifant- Nasionale Park. Foto: Verskaf

Louw sรช die twee leeumannetjies het halsbande vir maklike monitering. Hierdeur kan die veldwagters en navorsers waarneem watter omgewing hul verkies, hoe naby hulle aan die ander leeus, asook aan ander roofdiere is, en watter wild hulle jag.

Waarneming met behulp van die halsbande sal navorsers ook in staat stel om ‘n balans te handhaaf rakende die bestuur van die leeubevolking in verhouding tot die grootte van die park, asook hul invloed op die spesies wat hulle jag. Die bestuur en monitering van die leeus is deel van ‘n groter inisiatief om natuurlike prosesse na te boots wat leeus se sosiale gedrag en aanwas bepaal. Dit sluit die uitruil van individuele diere tussen parke in om die voortdurende inbring van nuwe gene te verseker.

Niklaas en Witwarm, twee ouer leeumannetjies van die Addo, is intussen verdoof en na die Bergkwagga- Nasionale Park buite Cradock in die Oos-Kaap verskuif. Die twee gaan ook eers in ‘n boma binne die park aangehou word voordat hulle in hul nuwe tuiste vrygelaat word.

You need to be Logged In to leave a comment.