
Drie mans is Donderdag (07/05) in die plaaslike streekshof vir die moord op ’n 17-jarige van die Laxey- informele nedersetting buite Kuruman gevonnis. Kgosietsile Ruben Brooks (39) is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Tshepiso Bashi in Julie 2018. Twee 19-jarige mans, Boineelo Frans Tlhage en Ikageng Olyn is elk vir tien jaar tronk toe gestuur. Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die drie het die oorledene met ’n mes gesteek voordat hulle hom met klippe en ’n bierbottel bestook het. Groepbevelvoerder van John Taolo Gaetsewe, genl. maj. Johan Bean, het kapt. Jack Setlhabi, stasiebevelvoerder van Tsineng, konst. Khumoetsile Patrick Setlhaunu, ondersoekbeampte, die direkteur van openbare vervolging en die departement van justisie geprys vir hul harde werk. Van links is Brooks, Tlhange en Olyn ná hul vonnisoplegging in die streekhof. Foto: Verskaf