In Augustus en vroeg September trek ’n groot deel van die Noord-Kaap ’n blommerok aan, ’n skouspel wat uniek in dié deel van die land is. Genevieve Maasdorp, woordvoerder van Sanparke in die Noord-Kaap, skryf in ’n plasing op Facebook dat die Namakwaland, ingesluit die Namakwa- Nasionale Park, besig is om in ’n wonderland met wildgroeiende blomme te verander. Daisies en bokbaaivygies is tans in oorvloed, terwyl die Pietsnot, glansogiegousblom, soetgousblom en Namakwasambreeltjie hul verskyning maak. Sy beklemtoon dat die dagtemperatuur minstens 18 °C of hoër moet wees vir die blomme om oop te maak, en op bewolkte dae is die blomme ook skugter. Vir meer inligting oor die blommeskouspel in dié park, besoek SANParks – Namaqua National Park op Facebook.

Foto: Facebook/SANParks Namaqua