Die Postmasburg-toutrekklub is reeds volstoom aan die gang. Op 10 Februarie het van die klub se trekkers hul tweede byeenkoms vir die jaar, in Jacobsdal, bygewoon. Die trekkers in die kaalvoet- en “junior boots”-afdeling het in verskillende gewigsafdelings deelgeneem en goed gevaar, ondersteun deur aanvoerder Lulu le Roux. Op Saterdag 24 Februarie vind die streekskampioenskappe by die Pirates-klub in Kimberley plaas, en op 15 en 16 Maart die Suid-Afrikaanse junior toutrekkampioenskap, ook in Kimberley. Enigeen wat belangstel om toutrek as sport te beoefen, kan Werner Kleynhans by 082-921-2651 bel.

Foto: Facebook/Postmasburg Toutrekklub Credit: SYSTEM