Die Kalahari het die afgelope maand die toonbeeld geword van ’n gemeenskap wat deur tragedie saamgesnoer is.
Eers was dit die grusame plaasmoord van die Brand-gesin van Hartswater, toe die fratsongeluk waarin ’n seun sy ma doodry. En drie Kaapse gesinne is die naweek deur ’n brand by die Blinkwater-lodge uitmekaargeruk. en die gemeenskap van Kathu wat ’n gesin bystaan wie se moeder in ’n fratsongeluk dood is en die drie Kaapse gesinne wat in die brand bykans in geheel uitgewis.
Hierdie gebeure het verskeie gemeenskappe in die Noord-Kaap diep geskok – maar tog saamgesnoer.
Die Hartswater-gemeenskap het ná die plaasaanval in ’n betoging gesê: “Genoeg is genoeg!”
Elkeen van ons is moeg vir die misdaadplaag.
En dit is nie net plaasmoorde wat ons kasty nie, maar gesinsgeweld, rooftogte, bedrog en alle misdrywe wat ons snags wakker hou.
Almal bid vir die dag dat alle euwels in ons dorpe uitgeroei word.
Almal hoop op die dag dat ons sonder vrees en angs in ons eie huis kan rondloop.
Tog is dit ’n riem onder die hart om te sien hoe mense uit verskillende agtergronde saam teen misdaad staan, saam laer om mense in nood trek.
Die gemeenskap van Kathu het die afgelope week juis dit gedoen.gewys hoe lief hul vir hul naastes is.
Nadat ’n 39-jarige ma per ongeluk deur haar 12-jarige seun doodgery is, maak die dorp seker dat die gesin ná dié tragiese ongeluk kan aangaan.
Talle ouers in die klein myndorpie voel dat dit met enigeen kon gebeur.
Baie mense sit hulleself in die gesin se skoene en beleef die hartseer saam met hulle.
Dit is juis in tye soos dié dat ons weer besef hoeveel ons kan vermag wanneer ons saamstaan.Wanneer ’n gemeenskap saamstaanDit is wonderlik as ’n dorp saamstaan en hoop skep en wys hoeveel vermag kan word wanneer die gemeenskap saamstaan.