Talle klubs het aan die ligakompetisie van die Postmasburg-toutrekklub deelgeneem.

Dié van Postmasburg, Pirates (Kimber­ley), Landboudal (Jacobsdal) en Diamant­hoogte (Koffiefontein) het op 19 Februarie kragte gemeet. Die eerste en tweede plekke in die onderskeie gewigsafdelings is soos volg (in sommige gevalle is ’n derde plek ook aangewys):

  • 230 kg: Postmasburg, Pirates Blou;
  • 280 kg: Postmasburg, Diamanthoogte, Pirates Rooi;
  • 320 kg: Postmasburg Blou, Postmasburg Geel, Pirates Rooi;
  • 360 kg: Pirates Rooi, Postmasburg Blou, Diamanthoogte;
  • 400 kg: Postmasburg, Pirates Blou, Diamanthoogte;
  • 520 kg: Landboudal, Pirates, Postmasburg;
  • 540 kg, vroue: Pirates B, Pirates C, Pirates A;
  • 560 kg, junior seuns: Pirates, Postmasburg, Landboudal;
  • 560 kg, mans: Pirates, Postmasburg;
  • 560 kg, gemeng – juniors: Postmasburg, Pirates B, Pirates A;
  • 580 kg, gemeng: Postmasburg, Pirates A, Pirates B;
  • 580 kg, mans: Postmasburg, Pirates A, Pirates B;
  • 600 kg, junior seuns: Pirates, Postmasburg, Landboudal; en
  • 640 kg, mans: Postmasburg A, Postmasburg B, Pirates.

Die streekkampioenskap vind Saterdag (05/03) in Jacobsdal plaas. Bel Werner Kleynhans by 082-921-2651.

You need to be Logged In to leave a comment.