Boslelies (oftewel clivias) en varkore (ook bekend as aronskelke) pronk in laatwintertuine en gee kleur voordat lente eersdaags sy opwagting maak. Albei dié plante is immergroen en gehard, hoewel varkore meer water as boslelies nodig het. Boslelies blom hoofsaaklik van Augustus tot November, maar varkore kan afhangend van die omgewing en reënval vir baie maande van die jaar blom. Albei kan in halfskadu gedy, is inheems aan Suider-Afrika en is ideale snyblomme.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article