Suid-Afrika se eerste nasionale toernooi in buitelugpluimbal vind van 18 tot 20 Maart by die Kalahari Lodge in Kimberley plaas.
Benewens die toernooi waaraan talle spanne van oor die land heen gaan deelneem, kan ondernemings spanne vir ’n mini-toernooi inskryf. Boonop kan die publiek hul hand aan dié nuwe sportsoort waag.
Die toernooi sal ’n plaasmark-atmosfeer hê, met uitstallings en musiekvertonings waarna mense kan uitsien.
Ondernemings wat hulle nie vir die mini-toernooi inskryf nie, kan teen R500 hul uitstallings en baniere oprig. Borge van die geleentheid mag dit gratis doen.
Van Kimberley se meer bekende kunstenaars gaan optree, maar minder bekende kunstenaars sal ook ’n kans op die verhoog kry.
Plaaslike kunstenaars kan Marius Pretorius by 084-395-2708 bel.
Belangstellendes kan Freda Keyser by 066-444-3515 (markstalletjies), Sharon Steyn by 083-457-8148 (uitstallings) en Tania Bekker by 071-506-1834 (deelname aan die toernooi) bel. ’n E-pos kan ook na taniabekker12@gmail.com gestuur word rakende die pluimbaltoernooi.