‘n Totaal van 91 bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat is deur die departement van landbou en landelike ontwikkeling bevestig.
Die departement het op 14 November ‘n nuwe verklaring uitgereik wat die totale bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat van 91 bevestig.
Gevalle per munisipaliteit:
• Kroonstad 10
• Viljoenskroon en Vredefort-distrik 43
• Deneysville en Sasolburg 10
• Cornelia en Frankfort 8
• Heilbron 2
• Parys en Vredefort distrik 9
• Edenville 4
• Odendaalsrus 1
• Bothaville 2
• Marquard 1
• Clocolaan 1
Die nuwe bevestigde gevalle: Viljoenkroon en Vredefort-distrik: 4, Parys: 4, Deneysville en Sasolburg: 6, Edenville: 1, Marquard: 1 en Clocolaan: 1.
Sparta Beef het in ‘n verklaring bevestig dat die toetsuitslae wat by ‘n beesvoerkraalfasiliteit in Marquard geneem is, positief getoets het. Verder het monsters wat by Sparta se Alma-plaas, geleë in die Clocolan-distrik, geneem is, ook positief getoets.
Sparta het bevestig dat daar onmiddellike stappe geneem is. Die inenting van alle beeste by die Marquard-fasiliteit het dadelik begin, en vind tans onder toesig van die Vrystaat-veterinêredienste plaas.


