Talentvolle dansers van die Infiniti-dansateljee in Douglas was die afgelope tyd baie bedrywig.
- Twee van hulle, Ernine Erasmus en Carli Hager, het op 7 en 8 Oktober aan die Rose Festival en die Ultimate Summer Challenge in Bloemfontein deelgeneem.
Ernine het in “medals level 2” ’n vyfde plek behaal, in “non-registered freestyle” ’n tweede plek, en in “non-registered slowdance” ook ’n tweede plek.
Carli het in “beginner slowdance” ’n derde plek verwerf, en is ook nou ’n “novice” in “freestyle” en “slowdance”.
- Op 24 September het die ateljee die dorp en omgewing se inwoners op ’n konsert, Dancing through the decades, trakteer. Hulle het op verskeie musiekstukke, uit die tydperk van die 1950’s tot die 2010’s, gedans. Elke ouderdomsgroep se uitrustings het ’n dekade verteenwoordig.
- Aan die einde van Augustus het vyf dansers aan die Vrystaatse provinsiale kampioenskap en die Cheetah Challenge in Bloemfontein deelgeneem.
Ernine was agtste in “medals level 2”, algeheel tweede in “non-registered freestyle” en in “non-registered slowdance” ook algeheel tweede.
Mira Strydom het ’n algehele eerste plek in “non-registered freestyle” gekry, en nog ’n algehele eerste plek in “non-registered slowdance”.
Lienke Greyvensteyn het ’n derde en sewende plek in “beginner freestyle” verwerf, en ook ’n tweede en sewende plek in “beginner slowdance”.
Carli se prestasies is ’n tweede en ’n sesde plek in “beginner freestyle” en vierde en agtste plek in “beginner slowdance”.
Madri Greyvensteyn het ’n vyfde en sewende plek in “beginner slowdance” gekry, en Lienke Greyvensteyn is nou ’n “novice” in “freestyle” en “slowdance”.
Infiniti is in Februarie 2018 in Kimberley deur Anandi Wiid begin. In Julie 2019 het sy nog ’n tak in Douglas oopgemaak. Ná haar verhuising na Douglas het sy net die dansskool in die dorp en rig sy ’n groot groep talentvolle dansers vanaf driejarige ouderdom in “freestyle”, “slowdance”, “rock n roll”, “disco”, “hip-hop” en “danceFITT” af. Sy bied ook sokkieklasse en danschoreografie vir huweliksonthale aan.


