
Twee Noord-Kaapse skuts, wat deel van ‘n Suid-Afrikaanse skietspan was en in verskeie internasionale kompetisies teen spanne van Europa en Brittanje meegeding het, het onder meer ‘n goue en ‘n bronsmedalje huis toe gebring.
Piet de Jager van Kanoneiland naby Upington het ‘n goue medalje verwerf, en Johan Karsten van die Upington-omgewing brons.
Albei was lid van die South African Combat Rifle Protea-span wat van 9 Mei af 12 dae lank in Nederland was en aan verskeie internasionale kompetisies deelgeneem het.
In ‘n spankompetisie teen 23 deelnemende spanne het die twee Protea-spanne van die South African Combat Rifle Association (Sacra) onderskeidelik ‘n vierde en ‘n sewende plek behaal.
In die individuele afdelings het die Suid-Afrikaners nege van die tien topplekke ingeneem, insluitend die eerste vyf plekke. In nog ‘n kompetisie het die Suid-Afrikaners met sowat 40 punte gewen.



You must be logged in to post a comment.