In ’n poging om Covid-19-infeksies in die Kalahari te beperk, het studente van South32 hul persoonlike beskermingstoerusting van R650 000 aan die Ga-Segonyana-munisipaliteit geskenk.
Lede van dié studenteforum van die mynboumaatskappy in die Kuruman-omgewing, het op 28 Julie meer as 3 000 hulppakkette oorhandig.
Die pakkette bestaan uit Covid-19-inligtingstukke, gesigmaskers, handreinigerstaanders en seep.
Martin Tsatsimpe, munisipale bestuurder, en Keamogetse Madikiza, ’n raadslid, het die pakkette namens die burgemeester, Neo George Masegela, ontvang.