Blomtyd in die Namakwaland, soos hier in die omgewing van Spektakelpas en Buffelsrivier tussen Springbok en Kleinzee, het reeds begin – asook in dele van die Knersvlakte en Richtersveld. Oor groot dele van die wye gebied het moederaarde reeds haar blommetjiesjas begin aantrek. ’n Buitengewoon grootse skouspel van blomme in ’n verskeidenheid kleure word vanjaar verwag.

Foto: Facebook/Die Pienk Padstal/De Wet Theron Credit: SYSTEM