Die wiskundeleerlinge met hul trofeë is van links, voor: Billy Paul Kayembe (goud), Anlea Robbetze (brons), Eunice Kayembe (silwer), Nusaybah Syed (silwer), Annelize du Plessis (brons) en Isobel Enslin (silwer)

Ses leerlinge van Kimberley het onlangs aan die A+Students se nasionale jaarlikse kompetisie deelgeneem.

Op dié kompetisie, wat op 7 Oktober in Durbanville plaasgevind het, werk die leerlinge met ’n fisieke en ’n denkbeeldige abakus om hoofrekeningsomme in ’n kort tydperk van een en drie minute te bereken. Dit sluit plus-, minus-, maal- en deelsomme in.

Die wiskundeleerlinge met hul trofeë is van links, voor: Billy Paul Kayembe (goud), Anlea Robbetze (brons), Eunice Kayembe (silwer), Nusaybah Syed (silwer), Annelize du Plessis (brons) en Isobel Enslin (silwer); agter: Corné Pretorius (afrigter en franchise-eienaar van A+Students) en Reshelle Smith (afrigter).

Billy Paul Kayembe, wat ’n goue medalje gewen het, is gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in Desember in Dubai aan ’n internasionale kompetisie gaan deelneem.

Corné Pretorius, afrigter en franchise-eienaar van A+Students, vertel die program wat gevolg word, leer kinders om hoofrekene vinnig en akkuraat te doen, en help om ’n gesonde benadering en houding teenoor wiskunde te kweek.

Vir meer inligting oor A+Students, bel of e-pos Pretorius by 082-442-1029 en by cornep@aplusstudents.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article