Adriaan Graaff en Boesman, ‘n swart opregte boerboel wat twee-en-‘n-half jaar oud is. Hoewel Boesman in die kategorieë grootste en vetste ingeskryf is, is hy pure spiere.
NoordkaapBulletin Foto: Helena Barnard
Gert du Preez met die 17-jarige Tootsie, wie gaande oor aandag is. Die Toy Franse poedel word tussen Du Preez en sy dogter Gerda Eden “gedeel” en is in die kategorieë beste aangetrek, “cutest” en “golden oldie” ingeskryf.
NoordkaapBulletin Foto: Helena Barnard
Riaan van Dyk met die 13-jarige Chloë, wat in die kategorieë kleinste en “cuteste” deelgeneem het. Van Dyk sê ongeag enige uitslae, is sy hondjie altyd die “cuteste”.
NoordkaapBulletin Foto: Helena Barnard
Hulle was almal daar – die oulikste, skattigste, beste stertswaaier, mooiste aangetrek, die oudste en nog meer.
Saterdag (08/10), tydens ’n geldinsamelingsgeleentheid vir die Sally Aucamp-huis vir persone met fisieke gestremdhede, het baas en hond aan die Lentedagmark se verrigtinge by Rugga-Inn in Kimberley deelgeneem.
Behalwe talle stalletjies, vermaak en ’n uitstalling van Harley Davidson-motorfietse, was die Fun Furrr Kid-vertoning ’n hoogtepunt.
Vir meer inligting oor die Sally Aucamp-huis, besoek die Facebook-blad Sally Aucamp Home for the Physically Disabled.