Met leerlinge se behoefte om in die grendeltyd met hul skoolwerk op datum te bly het die aanvraag na inligting vanaf die Hoërskool Upington se ITSI-onderwysplatform aansienlik verhoog.
Hoewel die toename in digitale verkeer die stelsel onder druk geplaas het, kon Bernard Engelbrecht en Charniel Viljoen, kommunikasienetwerkspesialiste van URB ICT, oplossings bied.
Riaan Kotze, skoolhoof, sê hy is dankbaar dat Engelbrecht, ’n oudleerling, en Viljoen die skool se belange op die hart dra.
Leerlinge kan nou met die geborgde bandwydte van die huis af lesse op Zoom se videokonferensieplatform bywoon.
Leerlinge kan ook hul tablette gratis by die skool opdateer.