Die Kgalagadi-oorgrenspark in die Kalahari het onlangs ’n reeks geraamde foto’s van die Bloemfontein-kameraklub ontvang om in geboue in die park te hang. Lede van die klub het oor ’n aantal jare ’n spogreeks foto’s in dié park geneem. Die foto van ’n rooijakkals en ’n bleeksingvalk wat oor ’n duif baklei, is by Cubitje Quap geneem.

Foto: Johan Jordaan Credit: JOHAN JORDAAN