SuperSport en Let’s Play, in samewerking met Kalahari Bulletin, wil erkenning gee aan leerlinge wat uitstekend in sport presteer.
SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand-kompetisie is oop vir enigeen van ses tot 18 jaar oud.
Kandidate kan hulself benoem of deur ’n vriend, familielid, onderwyser of afrigter benoem word.
Een kandidaat sal elke maand as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand aangewys word.
Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak.
Dié wenner word vir Let’s Play se Sportster van die Jaar-kompetisie ingeskryf.
Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.
Die hele jaar se sportprestasies word in ag geneem.
Dié wenner sal dan as Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar aangewys word.
Benoemings wat voor die 20ste van die maand ontvang word, sal in daardie maand se benoemings ingesluit word.
Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, word na die volgende maand oorgedra.
Benoemings vir elke maand moet die volgende insluit: die kandidaat se naam, ouderdom, kontakbesonderhede en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat op sportgebied bereik is.
Stuur benoemings per e-pos na supersport@zpr.co.za of stuur dit per faks na 086-552-4922. Bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.