Sportsterre gesoek

SuperSport Let’s Play se Sportster van die Maand-kompetisie is oop vir enigeen van 6 tot 18 jaar oud.


SuperSport Let’s Play se Sportster van die Maand-kompetisie is oop vir enigeen van 6 tot 18 jaar oud.

Jy kan jouself benoem of deur ’n vriend, familielid, onderwyser of afrigter benoem word.

Uit die inskrywings wat ontvang word, sal een kandidaat as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand aangewys word.

Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak en word vir Let’s Play se Sportster van die Jaar-kompetisie ingeskryf.

Benoemings moet die kandidaat se naam, ouderdom, kontakbesonderhede en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat hulle op sportgebied bereik het, insluit.

Stuur benoemings per e-pos na supersport@zpr.co.za, of faks dit na 086-552-4922.

Bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.