man in white and black soccer jersey kicking a soccer ball
Ter illustrasie. Foto: Tima Miroshnichenko / pexels.com

Sport speel ‘n belangrike rol in die versterking van gemeenskappe. Dit bevorder spanwerk, ‘n gesonde leefstyl en skep veilige ruimte vir die jeug om in te groei. In Loeriesfontein in die Noord-Kaap het hierdie oortuiging posgevat deur ‘n sportafrigtingsopleidingsprogram wat daarop gemik is om plaaslike sport te verhef en afrigters in verskeie klubs te bemagtig.

Hierdie inisiatief, wat deur die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanleg befonds word, is ontwerp om plaaslike sportkapasiteit te ontwikkel en afrigters toe te rus met noodsaaklike kennis en vaardighede.

“Deur plaaslike sport te ondersteun, belê ons in ons jeug, bevorder ons dissipline en gesonde gewoontes, en bou ons ‘n meer samehangende gemeenskap. Hierdie inisiatief gaan oor meer as afrigting, dit gaan oor die skep van geleenthede.”

Vanessa Fredericks, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanleg

Die opleiding het omvattende modules ingesluit wat afrigterontwikkeling, betrokkenheid van belanghebbendes, sportklubontwikkeling, noodhulp, infrastruktuurontwikkeling, leiding oor die stigting van ‘n plaaslike sokkervereniging-tak en hoe om aansoek vir Lotto-befondsing te doen. Deelnemers het ook opleiding ontvang in die uitvoering van gestruktureerde en effektiewe afrigtingsessies.

“Deelname aan die afrigtingskursus was ‘n baie betekenisvolle ervaring. Dit het my waardevolle insigte gegee en ‘n positiewe impak op my persoonlike en professionele groei gehad,” sê Edwina Cloete, een van die deelnemers aan die program.

Loeriesfontein sportafrigting
Van die afrigters wat sertifikate ontvang het, saam met belanghebbendes. Foto: Verskaf

Plaaslike laer- en hoërskole, sowel as die bestaande strukture van die plaaslike sokkervereniging, het deelgeneem om die skepping van ‘n formele plaaslike liga aan te moedig, wat ‘n platform sal bied vir gereelde kompetisie, talentontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid.

Sewe afrigters van Loeriesfontein se plaaslike sportklubs het aan die program deelgeneem, insluitend twee elk van Ramblers Rugbyklub, White Bears Rugbyklub en Ramblers Netbalklub, sowel as een van Loeriesfontein Milan FC. As deel van die inisiatief het die Tshiamelo Inclusive Education Centre basiese sporttoerusting geborg.

Sertifikate is oorhandig aan afrigters wat die opleiding voltooi het, en voortgesette mentorskap en monitering sal voortgaan om ‘n blywende impak te verseker.

You need to be Logged In to leave a comment.