Die 16de produksieveiling van die Molopo Ile de France-groep is op 11 Junie suksesvol by die Boereplaas-vakansieoord by Vryburg afgehandel.
Die duurste ram, van Bossie Clarke van Stanford, is vir R28 000 deur ’n koper van Schweizer-Reneke aangeskaf. Die duurste ooi, van Willie Oosthuizen van Vryburg, is vir R30 000 aan Johan Roarthy van Kinross, Mpumalanga, verkoop. Stoetramme het vir ’n gemiddeld van R12 750 verkoop; stoetooie met lammers vir ’n gemiddeld van R10 111,11; en dragtige ooie vir ’n gemiddeld van R8 846,15.
Die gemiddelde prys van die kommersiële diere was R3 600; vir dragtige ooie was dit R4 655,44 en vir ooie met lammers R4 545,45.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France-groep geluk met hul veiling. Theuns Visser was die afslaer.


