Vanjaar was ’n goeie jaar vir die Upington- rugbyklub, en die lede van die klub is dankbaar vir die eerste rugbyseisoen sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie.
Die klub se jaarvergadering en prysuitdeling het op 26 Oktober plaasgevind.
Kobus Steyn, voorsitter van Upington Dorp, het gesê die span bestaan uit ’n groot groep jong spelers wat die toekoms van die klub is. Steyn sê hulle kan minstens nog vyf jaar, en langer, as spelers by die klub betrokke wees.
Die volgende spelers het pryse verwerf:
- beste voorspeler – Michael Steyn;
- beste agterspeler – Lian Liebenberg;
- breiersbeker – Henko Burger;
- klubgees – Desmond Louw en Pivelion Vries;
- beste vordering – Elwardo van Neel;
- “unsung hero” – Waf Scholtz; en
- meeste drieë: – Lian Liebenberg.
Die klub se bestuurskomitee bedank elke ondersteuner, besigheid en individu vir hul bydraes in die klub se suksesvolle jaar.


