Die meesterstoernooi van die Intervaal-distrik van Noord-Kaap-rolbal het die naweek van 14 Oktober in Vryburg plaasgevind en 12 mans en 12 vroue, almal topspelers, is hierheen genooi.

Wihan Smit en Annatjie McLeod.

In die mansafdeling is Wihan Smit van die Bloemhof-rolbalklub die wenner. Hy is ook onlangs as die wenner in die Noord-Kaap-meesterstoernooi aangewys. Smit het Robben Chaamano van Warrenton in die eindstryd geklop.

In die mansafdeling is die vier topspelers van links Rico McLeod (vierde, Bloemhof-rolbalklub), Gert Opperman (derde, Hartswater), Robben Chaamano (tweede, Warrenton) en Wihan Smit (wenner, Bloemhof).

In die vroue-eindstryd het Annatjie McLeod van Bloemhof Suzette van Wyk van Schweizer-Reneke geklop.

Die meestersbyeenkoms word beskou as die premiertoernooi vir rolbalspelers om heen genooi te word, met die vertroue dat hulle volgende jaar na die provinsiale en selfs die nasionale meesterstoernooi genooi word.

You need to be Logged In to leave a comment.