Sowat 16 ton bourommel en vullis is weggery toe die AfriForum-tak in Upington in samewerking met die DA op 10 en 11 Augustus ’n verwaarloosde speelparkie in Stasiekamp opgeruim het.

Eric Walker, ’n sakeman, het drie stortbakke voorsien om te help om die rommel te verwyder.

“Gemeenskapspeel­terreine bied ’n magdom voordele, wat verder gaan as estetika en om kinders iets te gee om te doen. Dit is die hart van ’n gemeenskap en ’n onontbeerlike bymekaarkomplek waarby almal kan baat,” sê Erica Strauss, ’n DA-raadslid.

“Hierdie speelparke bied kinders die geleentheid om sleutelvaardighede te oefen en te slyp, insluitend sosiale, emosionele, kognitiewe en fisieke vaardighede,” sê Werner Strauss, distrikskoördineerder vir die Kalahari.

“Kinders leer deur speel om nuwe vriende te maak, te deel, beurte te maak en bou interaksie met ander kinders.

“Dit is hartseer dat die plaaslike owerhede kon toelaat dat speelparkies in die armer en ouer woongebiede van die dorp verval.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article