Die Griekwas en die Cheetahs meet Vrydag (10/03) om 16:00 kragte by die Windhoek Draught-park in Kimberley tydens ’n eerste wedstryd in vanjaar se Curriebeker-reeks.

Johann de Jager berig dat die Cheetahs die Griekwas verlede jaar in Januarie in hul eerste wedstryd van die reeks met 30 – 20 in Bloemfontein geklop het, waarna die Poubloues die bordjies met 46 – 18 in Mei in Kimberley verhang het.

Op die Facebook-blad Griquas Rugby – G.W.R.U. is aangekondig dat ’n kontantprys van R5 000 deur ’n Kimberley-skool, wat die beste gees tydens die wedstryd toon, te wen is. Leerlinge van die skool moet in skooldrag, hetsy skooluniform of skoolsportdrag, geklee wees om ’n spesifieke skool te kan uitken.

Verskeie ander voorwaardes geld – onder meer voorafbespreking vir deelname aan die skoolkompetisie.

Toegang tot die wedstryd, vir die hoofpawiljoen, kos R50 per persoon (volwassene, student en leerlinge). Op die oop pawiljoen kos dit R50 per volwassene, terwyl studente en leerlinge hier gratis toegang het.

Kaartjies kan vooraf op die webwerf ticketpros.co.za gekoop word, by verskeie ondernemings in die stad, of by die hek op Vrydag.

Kry meer inligting op die Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article