Spanne pak mekaar

Die Hoërskool Kalahari het Saterdag (04/05) ’n sportdag teen die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) van Kakamas in Kuruman aangebied.


Die Hoërskool Kalahari het Saterdag (04/05) ’n sportdag teen die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) van Kakamas in Kuruman aangebied.

Die twee skole het in verskeie sportsoorte teen mekaar meegeding. Die Laerskool Seodin en die Hoërskool Galaletsang is ook genooi om in sekere wedstryde deel te neem.

Kalahari se o.19-rugbyspan het HMO met 62 – 5 geklop, terwyl die o.17-span met 34 – 19 en die o.15-span met 31 – 26 geseëvier het. Die skool se eerste hokkiespan het HMO ook met 2 – 0 geklop. Die o.16A-hokkiespanne het met 2 – 2 gelykop gespeel, terwyl Kalahari se o.16B-span HMO met 4 – 0 afgeransel het.

Die o.19A-netbalspanne het met 16 – 16 gelykop gespeel, terwyl Kalahari se o.19B-span HMO met 25 – 13 geklop het. HMO se o.15A-span het Kalahari met 25 – 22 verslaan, en Kalahari se o.15B-span het die Laerskool Seodin se span met 10 – 2 geklop. Die o.14A-span van Kalahari het met 7 – 16 teen HMO vasgeval, maar die o.14B-span met 10 – 2 geklop.

Kalahari se sokkerspan het teen die Hoërskool Galaletsang meegeding. Die o.19-spanne het met 2 – 2 gelykop gespeel, terwyl Kalahari se o.15-span met 3 – 2 gewen het.

You need to be Logged In to leave a comment.