Spanne pak mekaar

Die Kathu-netbalklub was Vrydag (04/05) en Saterdag (05/05) gasheer vir die Noord-Kaapse netbaltoernooi.


Die Kathu-netbalklub was Vrydag (04/05) en Saterdag (05/05) gasheer vir die Noord-Kaapse netbaltoernooi.

Spanne uit die John Taolo Gaetsewe-, Frances Baard-, Namakwa- en ZF Mgcawu-streek het aan die toernooi deelgeneem.

Die streke het ook manspanne opgelewer.

Die netbalbane was vol aksie, en die spanne is goed ondersteun.s moes van die een baan na die ander baan hardloop om al hul gunstelinge in aksie te sien.

Die spelers het met spoed gespeel, elkeen om sy opponent te uitoorlê.

In die vroue se A-afdeling het die Frances Baard-span eerste geëindig, die JTG-span tweede en die ZFM-span derde.

In die vroue se B-afdeling was Frances Baard weer eerste, Namakwa tweede en JTG derde.

ZFM het in die mansafdeling koning gekraai.

JTG se manspan was tweede, en die span van Frances Baard derde.

You need to be Logged In to leave a comment.