Die ZF Mcgawu-streek het onlangs in die eindstryd van die Presidentsbeker-rugbyliga gespeel.
Upington Dorp het op Saterdag 21 September in ’n eindstryd tuis teen United RFC te staan gekom.
Dorp het in ’n sterk wind afgeskop.
Upington Dorp se Pieter Cockeran het die telbord geopen met ’n drie, nadat hy van agter ’n skrum deur die verdediging gebreek het.
Die teenstanders het egter kort daarna twee keer agter die doellyn gaan draai om met 12 – 7 voor te loop.
André Wait, een van Dorp se flanke, het die bal ná ’n duikslag gewen.
Wait het die bal kantlyn toe gestuur tot in Jacquin Basson se hande en Dorp het weer die voorsprong met 14 – 12 geneem.
Die ondersteuners het voor rustyd weer Dorp se Basson en ook sy spanmaat Cobus van Niekerk agter die doellyn gesien.
United kon ook nog ’n draai agter die kalklyn maak voordat rustyd aangekondig is met die telbord op 24 – 19, in Dorp se guns.
Dorp het met uitstekende skrums vorendag gekom. terwyl hanteringsfoute United se momentum in hul spel gesteel het.
Die wedstryd het gelykop geëindig met 24 elk en die Presidentsliga-beker word hierdie seisoen gedeel.