sky sunset field sunrise
Ter illustrasie Credit: Markus Spiske / pexels.com

Die tuisspan, die sokkerklub Upington City (UC), was in ‘n titaniese stryd gewikkel in ‘n relegasie-kragmeting met die gedugte 11-tal van Highbury van die Oos-Kaap.

Tydens die kragmeting op Sondag 18 Mei was dit ‘n geval van weg of in vir die beleรซrde spanbestuur en spelers van die UC op die Dicky Jacobs-stadion in Upington.

Nรก 95 minute kon die UC daarin slaag om die knoop deur te haak nadat hulle Highbury met 1 โ€“ 0 met die kous oor die kop teruggestuur het na die Oos-Kaap. Dit was ook die rustydtelling.

Die UC-span moes eenvoudig diรฉ wedstryd teen Highbury wen om nie na die MTN-liga gerelegeer te word nie. Met hierdie naelskraapse oorwinning voor ‘n groot tuisskare het UC seker gemaak dat hy sy deelname aan die prestige Motsepe Foundation Championship (MFC)-liga vir die nuwe seisoen lewendig hou.

Upington City se Givemore Khupe op die veld.
Givemore Khupe, doelskieter van Upington City (in blou), het die enigste doel in sy span se relegasie-kragmeting teen Highbury van die Oos-Kaap aangeteken. Foto: Nick Pretorius

Vroeg in die vyfde minuut van die wedstryd is Highbury voor sy doelhok gestraf nadat een van sy verdedigers die bal met sy hand hanteer het. Die UC se doelskieter Givemore Khupe het die beslissende doel van die strafmerk aangeteken.

In die tweede helfte het Highbury die meeste aanvalswerk gedoen terwyl die tuisspan ingestel was om alle aanvalle met rotsvaste verdediging te kelder.

Albei doelwagters, Bongani Mpandli (UC) en Alessandro du Plessis (Highbury), het met briljante keerwerk verskeie dreigende bewegings voor hul doelhok gestuit. Toe die skeidsregter die eindfluitjie blaas, was vreugde en verligting duidelik sigbaar op die tuisspelers se gesigte.

Puntestand

Die sokkerklub Cape Town Spurs van Kaapstad wat 15de op die MFC-liga se puntestand is, het in sy relegasiewedstryd die vorige Sondag, op 11 Mei, in Upington gelykop met een elk teen die Hungry Lions gespeel.

Die Cape Town Spurs het egter teen Durban City in Durban met 1 โ€“ 0 vasgeval en sal in die nuwe seisoen in die afgegradeerde MTN-liga speel.

Durban City het bo-aan die puntelys geรซindig en speel volgende seisoen in die Betway-liga. Upington City eindig 12de en die Hungry Lions beklee die 13de plek van altesaam 16 spanne.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article