Die departement van basiese onderwys het op 10 Junie ’n gewysigde weergawe van die skoolkalender op sy Twitter-blad bekend gemaak.
Die weergawe van die skoolkalender moet nog in die Staatskoerant gepubliseer word, maar is reeds deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, goedgekeur.
Skooldae is van Junie tot Desember met openbare vakansiedae op 16 Junie, 10 Augustus, 24 September, asook 16, 25 en 26 Desember.
Die tweede kwartaal is van 8 Junie tot 7 Augustus.
11 Augustus is ’n skolevakansiedag (leerlinge kry dus net ’n langnaweek voor die volgende kwartaal begin).
Die derde kwartaal is van 12 Augustus tot 23 September.
Die skoolvakansie is van 25 September tot Vrydag 2 Oktober (24 September is ’n openbare vakansiedag). Die vierde kwartaal is van 5 Oktober tot 15 Desember.