Etes in museums
Deel van ‘n ete wat in ‘n museum in Kimberley plaasgevind het. FOTO: Verskaf

Die grootste leemte wat besoekers aan die McGregor-museum in Kimberley uitgewys het, word nou gevul met ‘n verskeidenheid gegeurde brode, pasteie, koeke, terte, patees en ander tuisgebakte produkte deur ‘n ma-en-dogterspan.

Sedert Slice of Nice, koffiewinkel en delikatessen, in Mei sy deure by die museum oopgemaak het, kan besoekers in ‘n museum-atmosfeer vertoef en die innerlike versterk.

Sunet Swanepoel, uitvoerende direkteur van die museum, vertel dat ma en dogter, Gayle Kotzรฉ en Cassi Warren, ‘n geruime tyd reeds ‘n stalletjie by die liefdadigheidsmark gehad het.

Diรฉ mark vind elke eerste Saterdag van die maand by die museum in Atlasstraat plaas.

Omdat die museumbestuur bewus was van die leemte van ‘n koffiewinkel wat deur besoekers aan die museum uitgewys is, en omdat Slice of Nice se produkte hul goedkeuring weggedra het, is Kotzรฉ en Warren gekontak om op ‘n gereelde grondslag verversings by die museum te verkoop.

‘Gaande oor gebakkery’

“Ek het jare lank probeer om brood te bak, maar het bakstene gebak,” vertel Kotzรฉ.

“Op ‘n dag kry ek dit reg, en Cassi het ook begin bak. Sy het ‘n basiese broodresep ontwikkel, en vroeg verlede jaar van die huis op bestelling begin bak. Sy het met gegeurde brode begin eksperimenteer en ‘n industriรซle oond aangeskaf.”

Gayle Kotze en Cassi Warren
Gayle Kotzรฉ en haar dogter, Cassi Warren, van Slice of Nice in die McGregor-museum. Foto: Helena Barnard

In diรฉ tyd het hulle Mona Ditlow, organiseerder van die maandelikse Market for Charity, gekontak om ‘n markstalletjie op te rig, en sรณ het hul paadjie tot in die ruimte langs die museum se voordeur geloop.

“Cassi is gaande oor die gebakkery, en is altyd besig om iets nuuts uit te toets,” sรช Kotzรฉ.

Van die gebak wat by Slice of Nice beskikbaar is. Foto: Helena Barnard

Kotzรฉ is geen onbekende in Kimberley nie โ€“ sy het in 1998 die destydse Wolsentrum in die stad gekoop. Dit het later na die perseel in Angelstraat verskuif en is Lavender and Lace genoem.

“Vir 22 jaar was dit my passie, maar op ‘n dag het ek besluit dit is nou klaar,” vertel sy.

‘n Paar rakke vol wol is egter reeds in een hoekie van Slice of Nice uitgepak, en ‘n paar vroue het een oggend om ‘n tafel kom sit en hekel en brei, terwyl die fyngebak geniet is.

Wyk af van formele besoeke

Dat geleenthede by museums uitgebrei moet word, is ook die visie van Dominique McAnda, ‘n kurator aan die McGregor-museum. As lid van die Suid-Afrikaanse Museumvereniging (Sama) is dit vir haar ‘n passie om meer lede van die publiek na museums te lok.

“Dit is ook nodig om van statiese en formele besoeke af te wyk,” vertel McAnda.

So is daar in Desember verlede jaar ‘n aansit-aandete, ‘n eerste in sy soort, in die historiese Dunluce-huis aangebied, ‘n satellietmuseum van die McGregor. Diรฉ ete is op versoek van Andrew (Benji) Benjamin toegestaan, en hy het die driegangmaaltyd voorberei. Benjamin en sy spanmaat het onlangs ‘n tweede plek in die reeks Kokkedoor: Vuur & Vlam verwerf.

“Baie van die mense wat die ete bygewoon het, was nog nooit in ‘n museum nie,” sรช McAnda.

Deel van die ete was ‘n begeleide toer deur die Dunluce-huis.

Op Valentynsdag is ‘n eksklusiewe driegangete vir paartjies in die Duggan-Cronin-fotografiemuseum aangebied, en in Maart ‘n ete in die McGregor-museum.

Betrokkenes in hierdie geleenthede is dit eens dat baie opwindende idees bestaan wat in planne omskep moet word.

Andrew Benjamin tydens die driegangmaaltyd wat hy in Dunluce-huis aangebied het. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.