Talle seuns en meisies in die ouderdomsgroep tien tot 18 jaar het die afgelope vakansie in ysige weersomstandighede opgedaag om aan hul kolf- en boulvaardighede te slyp. Sessies is onder meer by Currieskamp, Neilersdrift, Keimoes en Augrabies aangebied deur KFC, in samewerking met die Noord-Kaap-krieketunie. Die sessies skep ’n uitstekende platform vir plaaslike afrigters en onderwysers, en verskeie talentvolle jong spelers is hiertydens identifiseer en in die krieketunie se opsporingstelsel ingesluit. – Teks: Nick Pretorius

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM