Slotbetoë van Hartswatermoordsaak skuif na September

Die slotbetoë van die Brand-moordsaak, waarin Dan, Breggie en Elzabie Brand van Hartswater op 26 Julie 2020 vermoor is, is op Donderdag 4 Julie uitgestel nadat die regsverteenwoordiger van een van die beskuldigdes siek was.

Elzabie, Breggie en Dan Brand is op 26 Julie 2020 in Hartswater in die Noord-Kaap vermoor.

Foto: Argief Credit: Anena Burger

Die slotbetoë van die Brand-moordsaak, waarin Dan, Breggie en Elzabie Brand van Hartswater op 26 Julie 2020 vermoor is, is op Donderdag 4 Julie uitgestel nadat die regsverteenwoordiger van een van die beskuldigdes siek was.

Die betoë word nou op 19 en 20 September saam met die uitspraak aangehoor.

You need to be Logged In to leave a comment.