Skuts tref kol in kompetisie

DIE skuts van die Sishen-skietklub het die wind en weer getrotseer om aan die Suid-Afrikaanse Intertak- en Streekskietkompetisie deel te neem. Die wind het met tye teen 20 km per uur gewaai en die reën het nie juis die skietomstandighede ideaal gemaak nie. Altesaam 28 skuts het aan die kompetisie op 21 Maart by die…


DIE skuts van die Sishen-skietklub het die wind en weer getrotseer om aan die Suid-Afrikaanse Intertak- en Streekskietkompetisie deel te neem.

Die wind het met tye teen 20 km per uur gewaai en die reën het nie juis die skietomstandighede ideaal gemaak nie.

Altesaam 28 skuts het aan die kompetisie op 21 Maart by die Sishen-skietbaan in Kathu deelgeneem.

Hulle het in die afdelings bosveldtabel (50 m en 100 m), sowel as vlaktetabel (50 m en 100 m), geskiet.

Die Prieska-klub se voorsitter, Coetzee Cloete, sê ses van sy beste skuts het in die kompetisie geskiet, terwyl nog drie skuts van Upington af gereis het om aan die geleentheid deel te neem.

Die algehele wenner van die skietkompetisie was Kwagga van Niekerk met Jaco Goosen in die tweede plek en Jaco Lamprecht derde

You need to be Logged In to leave a comment.