Die berghaan is 2024 se voël van die jaar in Suid-Afrika. Birdlife South Africa het onlangs bekend gemaak dat die keuse op dié manjifieke roofvoël, bekend om sy treffende voorkoms en merkwaardige lugtoertjies, geval het. Die organisasie sê die berghaan word beskryf as ’n werklik charismatiese en opvallende roofvoël met ’n kenmerkende verekleed en helder kleure aan die gesig en bene. Berghane word sedert 2020 oor die wêreld heen as bedreig geklassifiseer. Sy wetenskaplike naam, Terathopius ecaudatus, kan uit Latyn en Grieks vertaal word as “wonderlike gesig, geen stert”. Berghane is ewe tuis in die Bosveld as in die dorre Kalahari. Die woudpapegaai is 2023 se voël van die jaar.

Foto: Chris van Rooyen/Netwerk24 Credit: SYSTEM