Skool se personeel verheug oor toiletgeriewe

Personeel van die Laerskool Bloemsmond net buite Upington gaan die nuwe skoolkwartaal met splinternuwe toiletgeriewe begin.


Personeel van die Laerskool Bloemsmond net buite Upington gaan die nuwe skoolkwartaal met splinternuwe toiletgeriewe begin.

Vir jare was daar geen toiletgeriewe vir uitsluitlike gebruik van personeel nie.

’n Groep vroue in die gemeenskap het die nood raakgesien. Hulle het aan die werk gespring en ’n bouprojek begin.

Binne twee weke was die werk deur middel van die Nehemia-projek afgehandel.

Op 7 Augustus het die personeel van die Laerskool Bloemsmond in samewerking met die ZFM-onderwysdepartement en verskeie belanghebbendes, insluitende die Menseregtekommissie (MRK), ’n vrouedagviering by die skool gehou.

Op die geleentheid is ’n nuwe toiletgerief vir die personeel deur die Nehemia-bediening van die Alexander Stewardt Gedenk Congregational Kerk amptelik vir gebruik aan die skool oorhandig.

Die MRK sal van 18 Augustus af weer skole besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.