’n Kombinasie van sport, stalletjies en saamkuier was die wenresep vir die Laerskool Staats in Kimberley se suksesvolle jaarlikse sportfees wat van 9 tot 11 Maart plaasgevind het.
Die fees dien as die skool se grootste geldinsamelingsprojek vir die jaar. Die verskyning van Rocky die Renoster, saam met die eerste optrede van Staats se ponpom-groep, was ’n hoogtepunt.
Staats bedank elke borg, elkeen wat teenwoordig was en ’n bydrae gemaak het, asook deelnemende skole wat sport van topgehalte beoefen het.
“Die groter sukses van die naweek se fees lê in elke leerling se mooi, vreugdevolle gesiggie,” sê die skool.
Staats is reeds opgewonde oor die 2024-sportfees van 7 tot 9 Maart.
Vir die lys van borge, besoek die Facebook-blad Staats Primary School Kimberley / Laerskool Staats Kimberley


